Kristin Scott Thomas

Kristin Scott Thomas
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Kristin Ann Scott Thomas
Geboorte 24 Mei 1960 (1960-05-24)
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Brit
Kinders 3
Beroep(e) Aktrise en regisseuse
Aktiewe jare 1984–nou
Toekennings BAFTA (1995)
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Kristin Scott Thomas (gebore 24 Mei 1960) is 'n Britse aktrise en regisseuse.

Sy is in 1997 vir sowel 'n Oscar as 'n Golden Globe genomineer vir haar ondersteunende rol as Katharine Clifton in die romantiese oorlogsdrama The English Patient. Meer as twintig ander rolprenttoekennings is al aan haar gegee, insluitend 'n BAFTA-toekenning in 1995 (vir Four Weddings and a Funeral), 'n National Board of Review-toekenning in 1996 (vir The English Patient ), beide 'n Satelliettoekenning en 'n Screen Actors Guild-toekenning in 2002 (albei saam met die hele rolverdeling van die satiriese swart komedie Gosford Park) en 'n Europese rolprenttoekenning in 2008 (vir Il ya longtemps que je t'aime). Dit terwyl Scott Thomas genomineer is vir die Razzie-toekenning as swakste byspeler vir haar filmdebuut in Under the Cherry Moon (1986).

Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Four Weddings and a Funeral (1994), The English Patient (1996), Gosford Park (2001), en Only God Forgives (2013).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search